Dokumente

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD R TOT 3

Seuns en dogters dra Brackie-klere elke dag, asook tekkies wat oorwegend wit is. In die somer kan leerders kaalvoet skool toe kom. GEEN PLAKKIES WORD TOEGELAAT NIE. Plakkies mag ook nie buite die skoolgronde met Brackie-klere gedra word nie, aangesien dit nie deel van die skooluniform is nie. In die winter word die skoolsweetpak bo-oor hul Brackie-klere gedra. GEEN KAALVOET WORD GEDURENDE DIE WINTER TOEGELAAT NIE. Tydens COVID-19 MAG LEERDERS NIE KAALVOET SKOOL TOE KOM NIE!!

  • Indien daar nie streng by die reëls rondom kaalvoet gehou word nie, het die SBL die reg om die toegewing terug te trek.

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 4 TOT 7

Amptelike diensverskaffer van Laerskool Brackenfell se skooluniform vir Graad 4 tot 7: De Jagers Cape Gate.

Skooluniform vir Graad 4 tot 7 is nie by die skool se klerebank beskikbaar nie.

  1. Skooluniform (meisies)
  • Wit kortmou, oopnekhemp
  • Blou skoolrok met skoolwapen op linker bors (skoolwapen slegs by De Jagers beskikbaar)
  • Donkerblou oortrektrui (V-nek)
  • Donkerblou trui (V-nek)
  • Wit sokkies
  • Swart skoene

Winter:

  • Blou skoolrok

OF

  • Grys langbroek (dogter-styl) met ‘n ritssluiter en grys sokkies
  • Wit, langmou hemp en skooldas
  • Donkerblou broekiekouse of lang grys sokkies. (GEEN wit sokkies by skoolbroek/rok nie).
  • Donkerblou trui (V-nek)
  • Donkerblou oortrektrui (V-nek)
  • Voorgeskrewe, donkerblou windjakker (by klerebank beskikbaar)
  • Swart skoene
  1. Sportdrag (meisies)
  • Atletiek: Donkerblou broekie (Brackie) en donkerblou hemp met afkapmou.
  • Hokkie: Donkerblou rompie met “hot pants” en donkerblou afkapmou hemp, donkerblou kouse en tekkies.
  • Netbal: Donkerblou rompie met “hot pants” en donkerblou afkapmou hemp (by klerebank beskikbaar), wit sokkies en tekkies.
  • Tennis: Donkerblou rompie met “hot pants” en donkerblou afkapmou hemp (by klerebank beskikbaar), wit sokkies en tekkies.
  • Motoriek: Donkerblou broekie (Brackie) en donkerblou gholfhempie, wit sokkies en tekkies.
  • ALLE SPORT: Amptelike skoolsweetpak (by klerebank beskikbaar)

Sokkies moet enkelhoogte wees en moet omvou. Geen “secret socks” word toegelaat nie. Tekkies moet oorwegend wit wees met ‘n minimum van ander kleure.

Donkerblou skoolbroekie (hot pants – by klerebank beskikbaar) moet by skool- of sportklere gedra word.

 

  1. Skooluniform (seuns)

Somer:

  • Wit, kortmou oopnekhemp met wapen (skoolwapen slegs by De Jagers beskikbaar)
  • Grys kortbroek
  • Donkerblou trui (V-nek)
  • Donkerblou oortrektrui (V-nek)
  • Swart skoene
  • Lang, grys sokkies

Seuns mag in die somer langbroeke dra.

Winter:

  • Wit, langmou hemp of kortmou hemp met kraag en skooldas
  • Grys kort- of langbroek
  • Donkerblou trui (V-nek)
  • Donkerblou oortrektrui (-nek)
  • Voorgeskrewe, donkerblou windjakker (by klerebank beskikbaar)
  • Swart skoene
  • Lang, grys sokkies

Sportdrag (seuns)

  • Atletiek: Donkerblou broekie met brackie gholfhemp. (klerebank)
  • Hokkie: Donkerblou kortbroek, gholfhemp met donkerblou sokkies
  • Tennis: Donkerblou kortbroek, gholfhemp (klerebank) en wit sokkies
  • Rugby: Donkerblou kortbroek en rugbytrui (klerebank)
  • Mini-krieket: Donkerblou kortbroek, brackie gholfhemp (klerebank) en wit sokkies
  • Krieket: Donkerblou kortbroek, brackie gholfhemp (klerebank) en donkerblou sokkies.
  • Motoriek: Donkerblou broekie (brackie) met gholfhemp (klerebank)
  • Landloop: Donkerblou atletiekbroek en brackie gholfhemp.
  • Alle sport: Amptelike skoolsweetpak (klerebank)

Sokkies moet enkelhoogte wees en moet omvou. Geen “secret socks” nie. Tekkies moet oorwegend wit wees met minimum ander kleure.

Baie belangrike inligting:

Sport- en skooluniform mag nie gemeng word nie. Met ander woorde, sweetpakbaadjies mag nie by skooluniform gedra word nie en truie nie by sportdrag nie.

Die moulose trui mag nie saam met sportklere gedra word nie, slegs met krieketklere.

Geen sportsokkies met handelsname, soos Adidas, Nike, ens. Slegs wit sokkies wat enkelhoogte is.

Slegs Laerskool Brackenfell se skooltasse is toelaatbaar. (Gr. 1 tot 3 tasse by klerebank beskikbaar en Gr. 4 tot 7 tasse slegs by De Jagers beskikbaar)

Hare:

Dogters:

  • Netjiese haarstyle, geen kuiwe in die oë nie.
  • Lang hare moet netjies vasgemaak word. Slegs een of twee boksterte.
  • Lang hare mag nie met ‘n groot knip opgebind of vasgesteek word nie.
  • Hare mag nie gekleur word nie.
  • Slegs donkerblou linte, rekkies, haarbande of knippies word toegelaat.
  • Hare wat oor die hemp se kraag hang, moet vasgemaak word.
  • “Gel” mag nie gebruik word nie.

 

Seuns:

  • Lang hare word nie toegelaat nie.
  • Hare moet in ‘n netjiese styl geknip word.
  • Hare mag nie gekleur word nie.
  • Lang kuiwe is ontoelaatbaar.
  • Hare mag nie aan die kraag of ore raak nie.
  • “Gel” mag nie gebruik word nie.

Naels

  • Naels moet kort wees.
  • Geen naellak op tone en vingernaels.

Juweliersware

  • Slegs ‘n horlosie mag gedra word. (geen “charmbracelet” tipe horlosie word toegelaat nie).
  • Oorbelle: slegs knoppies mag in die ore gedra word. Een per oor. Dit mag goud of silwer wees.
  • Geen hangertjies, ringe of armband word toegelaat nie.

“CIVVIES”

  • Ouers moet asseblief toesien dat hul kinders die huis met gepaste kleredrag tydens “siwwiedae” verlaat.
  • Dieselfde skooluniformreëls vir hare, geld vir “civviedae”.
  • Baie kort rokke, broeke en rompies is ontoelaatbaar.
  • Skoene is verpligtend.

LET WEL: Die uniform kan met die diskresie van die skoolbeheerliggaam gewysig word.

Die Skoolbeheerliggaam en/ of die skool behou die reg om hierdie dokument te eniger tyd aan te pas.

Alle sportklere is by die skool se klerebank beskikbaar.