Sport

HOKKIE ORGANISEERDER

ME. C. NORTJE

In 2014 was die eerste o/8-groep blootgestel aan hokkiewedstryde en in 2015 ons eerste o/7-groepie. Elke jaar verbeter ons spanne en ons mini-spanne wys goeie vordering wat ons opegwonde vir die toekomstige seniorspanne maak.


Toename aan spelergetalle het tot groot suksesse gelei. Die ongeveer 250 leerders word uitstekend afgerig deur entoesiastiese afrigters
Ons het 25 hokkiespanne wat op ‘n weeklikse basis aan wedstryde deelneem. Die liga-wedstryde bied die geleentheid aan ons 1ste span spelers om Sone- of Provinsiale kleure te kry.


Ons probeer soveel as moontlik ons spelers aan Astro velde blootstel deur ons 1ste seuns- en dogtersspanne op die Hoërskool Brackenfell se Astro eenkeer ‘n week te laat oefen.


Ons eerste seun- en dogterspanne het aan ‘n Maties hokkie kamp deelgeneem, in Maart 2020. Hier het hulle baie vaardighede en tegnieke aangeleer. Dit was ‘n groot leerskool vir elkeen van hulle. Daar is ook aan die einde wedstryde gespeel. Ons dogters en seuns het 4de geëindig. Baie geluk aan die spelers en afrigters. Die seuns is deur Me. Grobbelaar en dogters deur Me. De Bruin afgerig.


OEFENDAE


Die hokkieoefening vind plaas op Maandae en Woensdae en wedstryde word op Donderdae gespeel.
Kliek op die onderstaande skakel vir Kwartaal 3 se oefentye en afrigters.

KWARTAAL 3: SPORT- EN KULTUUR OEFENPROGRAM