Sport

 

In graad R maak die kurrikulum voorsiening vir die inlywing van sportvaardighede deur privaat afrigtingspesialiste.

Sodoende lê ons die grondslag vir die sport se toekoms van ons leerder. Hierdie spesialiste help ook met die ontwikkeling van vaardighede in sportaktiwiteite vir leerders in graad 1 tot 3 deur middel van weeklikse opleidingsklinieke.

Ons buitemuurse aktiwiteite vir graad R-leerders is die volgende:

Wintersport:

  • Hokkie
  • Rugby
  • Netbal

Somersport:

  • Tennis
  • Krieket
  • Atletiek

Die oefentye is Maandae en Dinsdae van 10:45-11:45.

Leerders word ook blootgestel aan die basiese tegnieke om voor te berei vir sportdeelname in graad 1. Massa deelname vind by graad R plaas en die personeel moet goeie beplanning toon om almal te akkommodeer.

Buitemuurse aktiwiteite na skoolure:

  • Ballet
  • Moderne dans klasse
  • Cricky cricket
  • Rugga Kids 
  • Monkeynastix

Ons is baie trots op die groot aantal leerders wat by al die bogenoemde aktiwiteite betrokke is.