Sport

TENNIS ORGANISEERDER

MS C. HERBERT

In 2020 het ongeveer 100 leerders aan tennis deelgeneem. Gedurende die eerste kwartaal is vier tennisspanne, beide seuns en dogters, in die liga ingeskryf. Ons het ook 2 gemengde spanne ingeskryf. Ons eerste tennis- en O/11A-seunspanne het baie goed gevaar en was onoorwonne gedurende kwartaal een.

Gedurende kwartaal een is die leerders ook die geleentheid gebied om te verbeter deur gratis tennisklinieke wat op Vrydae vir die Grondslagfase-leerders plaasgevind het.

Handri Westman en haar span afrigters help ook om ons standaard te handhaaf met hul wonderlike afrigting.

Baie geluk aan die volgelinge wat die WP gedurende 2020 verteenwoordig het:

  • Corne Retief
  • Eben Badenhorst
  • Jano van Deventer

Ons  1ste span seuns het hierdie jaar (2021) aan die Rising Star -toernooi deelgeneem. Ons seuns het uitstekend gevaar in die eerste ronde en deurgedring na die distriksrondes, maar ongelukkig is die toernooi weens covid kortgeknip.

Ons is baie trots op hierdie seuns en ons hoop om hulle nog 'n laaste keer in aksie te sien voor die einde van die jaar.

1STE SEUNS

Van links agter: Gideon Kotze; Wilhelm Badenhorst and Corne Retief

Voor: Eben Badenhorst