Sport

ATLETIEK ORGANISEERDER

MNR S. VAN DER MERWE

Laerskool Brackenfell het in 2020 uitgeblink, alhoewel ons slegs een kwartaal atletiek gehad het weens Covid-19.

Die jaar het afgeskop met die inter-huisbyeenkoms waar al die skool se atlete die geleentheid gehad het om deel te neem. Die sangtrofee is gewen deur Huis Visser en die atletiektrofee deur Huis Brummer.

Ons Victrix Ludorum was Enya Binneman (regs) wat tans in graad 6 is en ons Victor Ludorum was Lwanzo Vyambwera (links) wat tans ook in graad 6 is.

Tydens ons sone-byeenkoms in die eerste ronde het ons +-60 atlete gehad wat die skool verteenwoordig het, waarvan +-20 atlete vir die tweede ronde gekwalifiseer het. In die tweede ronde het 12 atlete hul sone kleure ontvang en sodoende gekwalifiseer vir die WP byeenkoms

By die WP byeenkoms het ses van ons atlete hul WP kleure gekry, naamlik:

  • Enya Binneman (O/11)
  • Janu Sadie (O/12)
  • Carli Neethling (O/13)
  • Cara Bester (O/13)
  • Alain Voges (O/13)
  • Zak Hickman (O/13)

Hierdie ses uitstaande atlete het daarna die Wes-Kaapse atletiekkampioenskappe bygewoon en Zak Hickman het toe 'n tweede plek in spiesgooi verower.

Die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe kon weens Covid-19 nie plaasvind nie en met Zak se afstand van die Wes-Kaapse kampioenskappe is hy toe nie-amptelik as die land se nommer 4 aangewys.

Ons is uiters trots op elkeen van hierdie atlete en dit is jammer dat ons nie ons volle seisoen kon hĂȘ nie; ons sou beslis skade berokken het met hierdie topatlete.