Sport

KRIEKET ORGANISEERDER

MNR I. PRINSLOO

Sowat 250 leerders kies elke jaar krieket as hul somersport.

Ons stuur gereeld die personeel betrokke by mini-krieket en krieket-spanne op kursusse en opleidings om op datum te bly met die nuutste reëls en afrigtings tegnieke.

In 2017 is ‘n algemene bloudruk deur Mnr Prinsloo opgestel en word elke jaar hersien en opdateer om seker te maak elke span kry dieselfde intensiewe en passievolle afrigitng.

MINI-KRIEKET

Die volgende ouderdomsgroepe val onder Mini-krieket:

  • o/7
  • o/8
  • o/9

‘n Span bestaan uit 8 spelers en elke spelers kry slegs 6 balle om te kolf en boul. Daar is geen grenshoue nie, lopies word gehardloop en die maksimum is 4 lopies en wedstryde word met ‘n rooi tennisbal gespeel. Ons o/9-spelers word in die 4de kwartaal by oefeninge aan die harde bal blootgestel om hulle aan senior krieket gewoond te maak vir hulle o/10 jaar wat voorlê.

Mini-krieket is vir ons skool belangrik omdat ons grondslagfase leerders ons toekomstige 1ste span spelers is en daarom is dit ‘n groot prioriteit om ons spelers die beste afrigting te gee.

Ons spelers kry kry elke jaar die geleentheid om hulself teen ander skole en spelers op te meet deur weeklikse wedstryde teen ons buurtskole en sportdae teen skole buite die gewone opponent te speel. Daar neem ons mini-krieket elke jaar aan verskeie mini-krieket dae deel, waar alle spanne van o/7 – o/9 aan wedstryde deelgeneem het en puik gevaar het.

SENIOR KRIEKET

Die volgende ouderdomsgroepe val onder senior krieket:

  • o/10
  • o/11
  • o/13 (bestaan uit o/12 en o/13-spelers)

Die o/13A-span het elke jaar ‘n suksesvolle toer na die Boland maar het in 2019 die Weskus aangevat.

Die Laerskool Brackenfell het jaarliks ‘n unieke O/13 6-aan-‘n-kant toernooi waar 12 deelnemende skole betrokke is. Hierdie is ‘n goeie geleentheid om ons spelers aan ‘n ander tipe vorm bloot te stel, asook om teen die Top 12 skole in die omgewing meeteding.

CARA BESTER

As jy dink krieket is slegs vir seuns sal die bogenoemde oud-leerder jou op verskeie geleenthede verkeerd bewys.  

Die reëls sê dat dogters 2 jaar onder hulle ouderdomme kan speel, maar Cara het dit as ‘n uitdaging gesien en almal gewys dat ‘n

verslaping in reëls nie op toepassing van haar is nie. Sy het in Graad 5 saam ons skool se o/11A-span as paaltjie wagter verteenwoordig en ook die WP-krieketspan behaal. In 2019 het sy ons skool se o/13A-krieketspan behaal, asook die WP o/13-krieketspan.

Ons glo Cara het die pad oopgemaak vir klomp dogters om aan krieket deel te neem. Ons sien uit om nog baie dogters op die veld te sien!