Sport

Laerskool Brackenfell het elke jaar ongeveer 350 dogters wat aan netbal deelneem. +-37 spanne neem aan die liga en ander wedstryde en sportdae deel.

Netbaloefeninge vind plaas op Maandae en Donderdae en wedstryde op Woensdae.

MINI-NETBAL

ORGANISEERDER

ME S. VAN ZIJL

Ons mini-netbalspelers word in ‘n informele wyse blootgestel aan netbal met hulle weeklikse wedstryde. Ons gee ons dogters ook die geleentheid om die seisoen afteskop met ons jaarlikse GSF-sportdag waar hulle teen skole buite die gewone buurtskole kompeteer.

In 2017 is daar ‘n algemene bloudruk vir Mini-netbal deur Mev. Carse en Me. Van Zijl opgestel wat elke jaar geopdateer word sodat ons spelers die beste en nuutste afrigtings tegnieke ontvang.

Ons spelers word ook die geleentheid gebied om elke Vrydag ‘n kliniek, wat deur Cricky Netbal aferig word, by te woon.

SENIOR NETBAL

ORGANISEERDER

MRS T. COETZEE

Ons afrigters word elke jaar op afrigters kursusse gestuur om die beste moontlike afrigting vir ons spelers te gee. Ons afrigters word ook elke tweede jaar op ‘n praktiese en teorie kursus gestuur om seker te maak elke afrigter het ‘n gradering.

In 2017 is daar ‘n algemene bloudruk vir Mini-netbal deur Mev. Brand en S. Groenewald opgestel wat elke jaar geopdateer word sodat ons spelers die beste en nuutste afrigtings tegnieke ontvang.

Al ons netbalspanne kompeteer in die A-liga. Ons o/11-o/13A-spanne vorder jaarliks tot en met die WP-finaal. Die liga bied ook die geleenthede aan ons spelers om hulle WP-kleure te verwerf en Laerskool Brackenfell by die WP- en Wes-Kaap kampioenskappe te verteenwoordig.

Ons spog jaarliks met spelers wat Wes-Kaap en WP-kleure verwerf.

TOPSKOLE

Laerskool Brackenfell het in 2016 vir die eerste keer ons o/13A-span by die Topskole uitspeel rondtes ingeskryf. Sedert dan het ‘n klomp van ons spelers ‘n groot ervaring opgedoen deur teen die land se bestes te kompeteer.

Die kompetisie bestaan uit 3 uitspeel rondtes waar slegs die Top 3 skole in die Wes-Kaap deur dring na die SA’s toernooi in Johannesburg.

In 2018 is die kompetisie vir o/12’s oopgemaak. Daardie jaar het ons o/12A-span die Wes-kaap as nommer 1 skool verteenwoordig en het 6de plek by SA’s behaal. Die span was deur Mev. B. Brand afgerig.

In 2019 het beide ons O/12A-span (2de in die Wes-Kaap) en O/13A-spanne (1ste in die Wes-Kaap) die skool en Wes-Kaap by SA’s verteenwoordig. Albei spanne het ‘n baie suksesvolle toer na Johannesburg gehad. Die o/12’s het die Top 20 behaal en die O/13’s het Top 10 in die Land bereik het! Die o/13’s het Top 4 met 1 doel gemis.