Ons Leiers

Ons Leiers

Leiers kan nie oornag ontwikkel nie.  Leierskapontwikkeling is ‘n langdurige en kontinue proses en daarom moet die skool gedurig aandag aan leiersontwikkeling gee om kwaliteitleiers vir die skool daar te stel.  Dit bestaan uit twee fasette, naamlik:

‘n Teoretiese aspek:

Die behels die verwerwing van kennis, vaardighede, gesindhede en houd.

‘n Praktiese aspek:

Die leier se ontdekking van sy eie leierspotensiaal in die praktiese situasie waar hy/sy leiding moet gee en neem.  Dit bied die ideale geleentheid om tot ontdekking te kom van sy/haar leierskapvermoë en dit verder tot voordeel van die persoon te ontwikkel.

Funksies:

Die VRL-leerders is verantwoordelik vir die beplanning en aanbieding van funksies.

  • Jaarlikse verwelkoming van personeel
  • Graad 1 verwelkoming
  • Erkenning van oud-Brackie-leiers
  • Matriekreunie

Uitreikings

  • Gemeenskapsuitreikings na behoeftige skole en instansies

Ontwikkelingskampe

Graad 6-monitorkamp (identifisering van leiers)

VRL –ontwikkelingskamp:

  • Kritiekhantering
  • Konflikhantering
  • Leierskapstyle
  • Vergaderingsprosedure
  • Hantering van organogram en pligte

Ander

Aanbieding van vergaderings

Opening van saalbyeenkomste