Laerskool Brackenfell Primary

Streef na uitnemendheid - Strive for Excellence

blackboard large small h bree

Nasorg

Araunastraat Brackenfell 7560                                          Arauna streetBrackenfell 7560

Tel: 021 – 981 2147/8                                                  Tel: 021- 981 2147/8

                              Email: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.                                       Email: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.                            

   Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.                                          Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

NASORG

Die nasorg by Laerskool Brackenfell word deur die De Bracken Opvoedings-en Ontwikkelingstrust bestuur en beheer.

Mev E Olivier (Adjunkhoof) is oorhoofs in beheer van die nasorg. Die daaglikse bestuur word deur Mev Lizanne Erasmus bestuur en beheer.

Die nasorg huisves op die oomblik 453 leerders. Graad R tot 3 leerders word elke dag van ‘n gekookte maaltyd voorsien. Graad 4 tot 7 leerders moet ‘n ekstra kospakkie insit vir nasorg. Graad R leerders word apart van die res van die nasorg geakkommodeer.

Die hele nasorgterrein sowel as die klaskamers is met kameras bedek - die bestuurder monitor die areas vanuit die kantoor. Elke nasorgklas beskik oor ‘n gekwalifiseerde toesighouer asook ‘n klasassistent.

Die nasorg wil die beste diens vir u kind verseker deur te sorg dat u kind veilig en gelukkig bly. Die personeel strewe daarna om aandag en liefde te gee waar nodig. Vakansietye word ‘n spesiale program gevolg.

Nasorgtye:

  • Vakansies: 07:00 – 18:00
  • Skooltye: Na skool – 18:00

Openbare vakansiedae is die nasorg gesluit en WKOD vakansiedae word daar ‘n behoeftebepaling gedoen om te kyk of ons die leerders kan akkommodeer. Indien ouers leerders na 18:00 afhaal, sal ‘n boete gehef word.

DE BRACKEN TRUST

ABSA BANK

TJEK REKENING

TAKKODE: 632005

REKENING NOMMER: 4079999129

VERWYSING: TOELATINGS NOMMER

Nasorgfooie:

Gr. R-3: R1100 x 10 maande Gr. 4-7: R840 x 10 maande

Hierdie fooie sluit vakansies in.

Die nasorg het sy eie bankbesonderhede.

Toelatings / Aansoekvorms

Die aansoekvorms is slegs by die nasorgkantoor beskikbaar. Stuur asb ‘n epos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Kantoortye: 10:00 – 18:00

Geen betaling – Geen diens en u kind verbeur dan sy/haar plek by die nasorg.

 

PERSONEEL 

Ontmoet ons personeel - Kliek gerus op die onderstaande skakels: 

FOTO'S

"Kliek op die skakel vir foto's van ons nasorg."