Nasorg
Die nasorg by Laerskool Brackenfell word deur die Trust (DE BRACKEN OPVOEDINGS- EN ONTWIKKELINGSTRUST) bestuur en beheer.
Mev E. Olivier (Adjunkhoof) is oorhoofs in beheer van die nasorg. Die daaglikse bestuur word deur Mev Ingrid Rhode bestuur en beheer.
Die nasorg huisves op die oomblik 565 leerders. Graad R tot 3 leerders word elke dag van ‘n gekookte maaltyd voorsien. Graad 4 tot 7 leerders moet ekstra kospakkie insit vir nasorg.
Graad R leerders word apart van die res van die nasorg geakkommodeer.
Die hele nasorgterrein sowel as die klaskamers is met kameras bedek – die bestuurder monitor die areas vanuit die kantoor. Elke nasorgklas beskik oor ‘n gekwalifiseerde toesighouer asook ‘n klasassistent.
Die nasorg wil die beste diens vir u kind verseker deur te sorg dat u kind veilig en gelukkig bly. Die personeel strewe daarna om aandag en liefde te gee waar nodig.
Vakansietye word ‘n spesiale program gevolg.
Nasorgtye
Vakansies: 07:00 tot 18:00
Skooltye: 13:15 tot 18:00
Openbare vakansiedae is die nasorg gesluit en WKOD vakansiedae word daar ‘n behoeftebepaling gedoen om te kyk of ons die leerders kan akkommodeer.
Indien ouers leerders na 18:00 afhaal, sal ‘n boete gehef word.
NASORGFOOIE 2020
Gr R tot 3: R1040 x 10 maande
Gr 4 tot 7: R800 x 10 maande
Hierdie fooie sluit vakansies in.
Die nasorg het sy eie bankbesonderhede.
TOELATINGS /AANSOEKVORMS
Die aansoekvorms is slegs by die nasorgkantoor beskikbaar.
Kantoortye: 10:00 tot 18:00
Alle nasorgfooie moet voor of op die 7de van elke maand vereffen word. Geen reelings kan getref word nie.
GEEN BETALING – GEEN DIENS en u kind verbeur dan sy/haar plek by die nasorg.
Eposadres: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Telefoonnommer: 021 981 2147 Uitbreiding 5