Akademie

Laerskool Brackenfell se akademie is sinoniem met UITNEMENDHEID.

Die standaard wat die Laerskool Brackenfell handhaaf, voldoen ten volle aan die departementele vereistes.  Dit word aangevul met uitdagende verrykingswerk vir die hoëproduktiwiteitsgroepe en kundig-beplande hulpverlening waar uitvalle voorkom.

Die akademie word deur ‘n entoesiastiese topstruktuur, innoverende vakspan en gemotiveerde onderwysers gedryf.

Die Grondslagfase onderrig 4 vakke (Huistaal, Addisionele taal, Wiskunde en Lewensvaardighede). Gedifferensieërde onderrig vind in elke Grondslagfase klas plaas en elke opvoeder werk in die beste belang van elke leerder.  Ons strewe is dat elke leerder holisties sy volle potensiaal sal bereik.  Formele assesseringstake word gedurende die laaste 2 weke van elke kwartaal geskryf.

In die Intersen word die volgende vakke aangebied: Wiskunde, Huistaal, Sosiale wetenskappe, Lewensoriëntering, EBW, Natuurlike wetenskap, Tegnologie, Kuns en Kultuur, Addisionele Taal.

Die didaktiese span ondersteun leerders met leerhindernisse.  Die ondersteuning van leerders word ook deur ‘n Hulpbronklas onderskraag.

Rekenaarsentrum:  ‘n Rekenaarsentrum met 40 rekenaars word deur die graad 4 tot 7 – klasse gebruik. Die Grondslagfase het hul eie rekenaarsentrum met 40 rekenaars.  In beide rekenaarsentrums word gebruik gemaak van die Stimulus Maksima-program wat fenominale steun aan die klasonderwyser bied.  Elke leerder word individueel gemonitor volgens sy/haar, uitvalle en vordering.  Opvoeders kan dus onmiddellik na ‘n siklus remediërings- of verrykingsaksies loods.