Ons Skool

1906 - 2020

logo final

Huis Stassen               Huis Brümmer              Huis Visser

huis stassen huis brummer huis visser

schoolpic

 

Geskiedenis

In Januarie 1906 het Mev. Janet E.C. Brink, die weduwee van Andries Brink, 'n morg grond aan die gemeenskap geskenk met die uitsluitlike doel dat 'n skool daarop gebou moes word.

Die eerste vergadering van die destydse skoolkomitee onder die voorsitterskap van Mnr. H.Theunissen het op 9 Januarie 1906 plaasgevind. Die skoolgebou het nog nie gerealiseer nie en daar is besluit dat die onderwys wat op 22 Januarie in aanvang moes, neem eers in Mnr. C.M. Nagel se huis sou plaasvind. Die eerste onderwyseres was Mej. M. Miller, wie dan ook die eerste skoolhoof was.

Die leerdertal het toegeneem en nadat die eerste klaskamer gebou is, moes die skool later ook voorsiening maak vir 'n tweede een. Die skool het ook vir Engelssprekende leerlinge voorsiening gemaak. Die tweede klaskamer is in April 1921 in gebruik geneem en in April 1928 is 'n derde klaskamer aangebou.

Die leerdertal het steeds vinnig gegroei en die ouers het in Augustus 1952 'n protesvergardering gehou en 'n nuwe skoolgebou geëis. 'n Afvaardiging is na die destydse Departement van Onderwys gestuur. Die bouwerk het in 1959 begin en in 1960 voltooi. Tydens die inwydingsplegtigheid op 23 September 1960 is daar ook afskeid geneem van die ou gebou. Mev. E.C.L. Brink, wie skoofhoof vanaf 1910 tot 1914 was, het die deur van die ou skool gesluit. Brackenfell het op daardie stadium net leerlinge tot standerd 6 gehuisves. Dit sou nog 'n geruime tyd duur voordat 'n hoërskool gebou sou word.

Intussen het die ou gebou as Middelbare skool gedien. Nadat die hoërskoolgebou uiteindelik op 21 Januarie 1976 in gebruik geneem is, het die munisipaliteit die oorspronklike geboutjie gesloop. Die gemeenskap het so vinnig gegroei dat 'n tweede laerskool in die vooruitsig gestel is. Die Laerskool Brackenfell het nuwe vleuels gekry en die leerdertal het gou-gou tot oor die 1000 gestyg. Die nuwe laerskool, Laerskool Bastion, is op 22 Januarie 1980 in gebruik geneem.

Die Laerskool Brackenfell se skoolwapen is deur die bekende Dr. C. Pama ontwerp. Die oop boek simboliseer die verkryging van kennis terwyl die ronde bal Kanonkop voorstel. Die twee takkies stel 'n bekende inheemse struik, “Bracken”, voor.

Tans spog die skool met sy eie pre-primêre en nasorgafdelings om in die groeiende behoeftes van die ouergemeenskap te voorsien. Na 'n klein begin met 18 leerlinge en 1 onderwyseres het die skool gegroei tot 'n huidige leerdertal van oor die 1600 kinders.

 

1906+ Mrs. E.C. Brink donates land for the building of a school.
  School not ready - tuition takes place in Mr Nagel's home.
  First teacher is Miss M. Miller - 18 learners (Afrikaans and English)
1921+ Second classroom built - third one follows.
1952+ Parents protest - want new school
1960+ Inauguration of new school building - municipality demolishes old one.
1970+ School hall is built.
1980+ Second primary school (Bastion) inaugurated.
1990+ Extensions to existing building.
2000+ Extensions such as L.O. Rall building, Louter Club-house;
  Aftercare; Pre-primary; Boreholes sunk
2018+ 1600+ learners