Graad R

Die Graad R-groep by Laerskool Brackenfell leer deur spel. Dit help die kinders om sosiale en kognitiewe vaardighede te ontwikkel en om emosioneel te groei.

Die hoofdoel van Graad R is om die kind vir Graad 1 skoolgereed te maak.  Ons glo in die holistiese ontwikkeling van die kind.

Die Graad R-groep beskik oor 6 onderwysers wat in goed ingerigte klaskamers klasgee. 3 alternerende assistente word as hulp vir die onderwyseresse aangewend.

Die skool beskik oor die dienste van ‘n maatskaplike werkster, arbeidsterapeut en kliniese sielkundige.  Leerders se leemtes word vroeg geïdentifiseer en verwysing na die betrokke terapeute geskied so vroeg as moontlik.

Graad R se dagprogram begin reeds om 07:45 en eindig om 13:15.  Ons maak van buite-afrigters gebruik om sportvaardighede aan te leer.

 

Kliek hier om die Graad R Prospektus vir 2020 af te la

Click here for pictures of our new building